Buscar
Cód:
491_9780639984278
Die storie beoog om, ongeag konfliksituasies wat die lewe bring, beide kind en ouer se hart aan te raak om met dapperheid en verantwoordelikheid hul eie veerkrag te bestuur.Deur ervaringsleer en stories onthou ons 22 keer beter. Met hierdie storie vertrou ek dat dit positief sal meehelp om karakterontwikkeling by die leser en hoorder tot gevolg sal hê.Mag die boekie jou en jou hartsmense met wilskrag, veerkragtigheid asook ‘n dapper en liefdevolle hart seën om elkeen te help om sy/haar volle potensiaal te bereik.Die storie is op ‘n beantwoorde gebed gebaseer wat ‘n besonderse invloed op ons gesin uitoefen. Dit fladder steeds in en om ons en ons kinders se harte, asook by hulle maats en maats-se-mammas - presies soos blinkers maak - dit laat ñ stukkie liefde oral waar dit raak.Maak die storie ñ saam-speel-storie deur met blinkers te speel asook dorings te soek en daaroor te gesels. God het in elkeen Sy eie uniekheid verweef - speel die storie uit en beleef die “wonder” daarvan!Soms kan ‘n eenvoudige storie ‘n kind se selfbeeld op ‘n rots laat staan, deurdat dit ñ lewende steentjie in hul fondasie (identiteit) inbou - ñ steentjie wat sal groei en groei en groei.
Veja mais